Hoekom Moet Ek Beplan Vir My Aftrede?

[et_pb_section admin_label=”section”][et_pb_row admin_label=”row”][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text admin_label=”Text” background_layout=”light” text_orientation=”left” use_border_color=”off” border_color=”#ffffff” border_style=”solid”]

Het jy geweet dat uit ‘n 100 Suid – Afrikaners wat aftree slegs 9 genoeg gespaar het , 34 moet steeds werk , 32 van die 100 is van die staat afhanklik, 17 is van hul families afhanklik en die laaste 8 is van welsyn afhanklik.

Dit is skrikwekkend om te dink dat minder as 5 miljoen Suid Afrikaanders bydra  tot aftreefondse. Die meerderheid van die ander 19 miljoen is van die staat afhanklik.

Is jy een van die R5 miljoen wat genoegsaam spaar vir aftrede?  As jy nie is nie moet jy dringend aandag aan jou aftreebeplanning gee.

Dit is ook belangrik om die volgende faktore in ag te neem wanneer jy beplan vir aftrede:

  • Mediese koste na aftrede beloop ongeveer 60% van jou totale mediese koste gedurende jou leeftyd.
  • Toenemende lewensverwagting
  • Vroëe aftrede en uitdienstreding
  • Besigheid enigste bron van aftree inkomste
  • Egskeiding
  • Verandering van werk
  • Gesondheidkoste
  • Koste van aftreeoord

‘n Aftree annuiteit is ‘n baie gewilde belegging om voorsiening te maak vir jou aftrede, veral as jy ‘n privaat individu is wat nie bydra tot ‘n pensioenfonds nie.  ‘n Aftree annuiteit is hoofsaaklik gefokus op die voorsiening vir aftrede en daar is beperkings rondom onttrekkings voor ouderdom 55 en dan is daar natuurlik ook die voordeel wat Jan Taks jou gee as jy bydra tot ‘n aftree annuiteit.

Daar is verskeie belangrike voordele en faktore wat jy ingedagte moet hou wanneer jy ‘n annuiteit gebruik om voorsiening te maak vir jou aftrede:

  • ‘n Annuiteit help jou om voldoende kapitaal bymekaar te maak sodat jy ‘n sorglose aftrede kan verseker
  • Belastingvoordeel is dat jy tot 15 % van jou nie pensioengewende salaris kan bydra tot ‘n aftree annuiteit en daarvoor belastingverligting kan kry by die ontvanger.
  • Die gemiddelde reël wat ons toepas om genoegsaam weg te sit vir aftrede is om 15% van jou salaris elke maand te spaar vir 35 jaar, dan behoort jy ‘n pensioen salaris te verdien van 75% van jou werklike salaris indien die opbrengste redelike resultate gee.
  • Wanneer jy aftree, kan jy een derde van jou geld in kontant ontvang waarvan die eerste R300 000 belastingvry is.  Die ander twee derdes moet belê word om jou te voorsien van ‘n maandelikse inkomste
  • ‘n Aftree annuiteit verseker dat jy die voordeel van saamgestelde rente kry.
  • Dit is ‘n gedissiplineerde metode van spaar, omdat jy juis nie jou hande op die fondse kan lê tot ouderdom 55 nie
  • Indien jy tot sterwe sou kom, is dit ook ‘n addisionele manier om voorsiening te maak vir jou afhanklikes, veral as daar nie genoegsame lewensversekering in plek was nie.
  • Jou belegging is gediversifiseerd en jy kan ‘n verskeie bateklasse belê soos byvoorbeeld eiendom, aandele en kontant.
  • Jy kan met die meeste annuiteite self beleggingskeuses uitoefen en ook fondsveranderings aanbring.
  • ‘n Annuiteit verseker ook langtermyn groei omdat die konstante bydra van premies die wisselvalligheid wat kan voorkom in die markte uitskakel.

[/et_pb_text][et_pb_cta admin_label=”Call To Action” title=” Belangrikheid van spaar vir aftrede” button_url=”mailto:anria@anriavanheerden.co.za” url_new_window=”off” button_text=”Kontak ons enige tyd…” use_background_color=”on” background_color=”#628a99″ background_layout=”dark” text_orientation=”center” use_border_color=”off” border_color=”#ffffff” border_style=”solid” custom_button=”off” button_letter_spacing=”0″ button_use_icon=”default” button_icon_placement=”right” button_on_hover=”on” button_letter_spacing_hover=”0″]

As finansiële adviseur is dit my plig en verantwoordelikheid om jou bewus te maak van die belangrikheid van spaar vir aftrede.  Elke persoon se behoeftes verskil egter en nie een persoon se omstandighede is dieselfde as die volgende nie, daarom is dit belangrik dat ons kyk na ‘n persoonlike ontleding van jou bestaande aftreebeplanning en sodoende betyds die nodige veranderings en aanpassings maak om te verseker dat jy ‘n sorglose aftrede he.

Kontak my enige tyd op 0861 55 33 33 vir ‘n afspraak of stuur `n epos – kliek skakel hieronder

[/et_pb_cta][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]

Leave a Reply

Scroll to top

When family means everything.