C. 082 772 8567 | W. 086 155 3333 anria@anriavanheerden.co.za

Vandag gesels ek met ons besigheidseienaars oor basiese beginsels wat hulle in hulle besigheid moet toepas wat sal help om dit suksesvol te bedryf  en dalk ook ‘n belangrike verskil kan maak deur jou deur die resessie te help.

  1. Eerstens is dit baie belangrik om georganiseerd te wees – maak vir jouself lysies en verseker so jy vergeet niks nie
  2. Hou rekords – dit help om probleem areas vroegtydig te identifiseer en aan te spreek.
  3. Ken jou kompetisie en analiseer hulle – hulle doen dalk iets reg wat jy ook in jou besigheid kan aanwend en dit kan lei tot groter winse
  4. Verstaan die risiko’s wat jy het en ook die belongings wat hierdie risiko’s inhou.  Vra jouself wat is die slegste ding wat kan gebeur, dit behoort jou in staat te stel om berekende risiko’s te kan neem.
  5. Wees kreatief – wees altyd op die uitkyk na nuwe idees en maniere om jou besigheid te verbeter.  Wees oop vir nuwe strategiee
  6. Bly gefokus – onthou rome is nie in een dag gebou nie, moenie moedeloos word as elke dag nie volgens jou pype dans nie
  7. Wees bereid om opofferings te maak en maak seker jou gesin is ook bereid om hierdie opofferings saam met jou te maak.
  8. Seker die belangrikse vir my is om goeie diens te lewer.  Daar is geen beter resep om kliente te behou of verwysings te kry nie.  Dink aan jouself, jy sal altyd terug gaan daar waar mense vrolik en vriendelik was om jou te help of regtig ‘n verskil probeer maak het.

Ek hoop regtig hierdie help julle met julle besighede en onthou daar is geen  vinnig ryk word metode nie.  Harde werk, lang ure en vertroue in jouself is belangrik. Maak seker jou basiese resep is reg, dan sal al die ander dinge vanself kom

Share This