C. 082 772 8567 | W. 086 155 3333 anria@anriavanheerden.co.za

Ons het in ‘n vorige episode gesels oor hoeveel dit my as ouer gaan kos om jou kind ‘n goeie opvoedkundige toekoms te verseker.

Vandag gaan ons bietjie meer ons syfers gesels en kyk na presies hoeveel ons elke maand moet spaar om dit te verseker.

Vandag bestaan daar ongelooflike oulike programmetjies wat my en jou kan help om dit te bereken en sodoende seker te maak dat ons nie met ons broek op die kniee gevang word nie.

Kom ons veronderstel julle het nou net die trotse ouers van ‘n nuwe baba geword en julle prins gaan oor 18 jaar ‘n eerstejaar studentjie wees.  In vandag se terme kos die graad wat hy wil behaal min of meer R30 000 per jaar en dit is ‘n 3 jaar graad.  Hoeveel moet jy as ouer elke maand wegsit indien kostes van die graad met 8 % per jaar verhoog en ons ‘n aanname maak dat ons 10 % groei op ons geld per jaar kry.

Hierdie graad gaan jou teen die tyd wat jou kind begin studeer min of meer R427 302 kos en dit beteken dat jy van vandag af R590.25 sal moet spaar daarvoor.

Indien ons presies dieselfde scenario gebruik maar jou kind dalk al 5 jaar oud is beteken dit dat dieselfde graad min of meer oor 13 jaar R290 814 gaan kos en jou van vandag af ‘n bedrag van R724.16 moet spaar.

Hierdie is net as jy een kind het en ons dink nie eers aan al die ander kostes wat jy sal moet aangaan terwyl hy op skool is of buitemuurse aktiwiteite nie.  Indien jou kind nog ‘n spesiale talent het en dalk addisionele afrigting benodig gaan dit jou ook nog ‘n addisionele klomp geld kos.

Ek kan nie genoeg klem plaas op hoe belangrik dit is om vandag nog werk te maak en ‘n plan te bewerkstellig om seker te maak dat jou kind ‘n blink toekoms gaan he nie.  Indien jy nie weet hoe om so ‘nplan te maak nie, is jy welkom om my te kontak.  Stuur sommer vandag nog ‘n epos na ons adres hieronder of beter nog skakel my vir ‘n afspraak en ek sal saam met jou, jou kind se toekoms ‘n prioriteit maak.

Share This