C. 082 772 8567 | W. 086 155 3333 anria@anriavanheerden.co.za
Don`t be afraid to CHANGE. You may lose something good but you may gain something better.

oor ons

Anria van Heerden 01Anria het uitgebreide ondervinding in die finansiële omgewing sedert 1998.

Sy het haar BCom-graad asook haar Honneursgraad aan die Universiteit van die Noordwes (PU vir CHO) verwerf. In 2002 het sy ook haar Nagraadse Diploma in Finansiële Beplanning aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf (CFP). Na ‘n loopbaan in die aandele omgewing, vestig sy haarself as ‘n onafhanklike makelaar.

Behalwe vir die posisie wat Anria in Portico beklee, het sy haarself ook as ‘n ervare sakevrou bewys. Anria beskik ook oor ‘n hoë kennisvlak van algemene besigheids- en finansiële bestuur en beplanning sowel as kliënteverhoudings.

Anria se positiewe lewensuitkyk, sowel as haar onwrikbare geloof in haar Skepper, is die hoekstene van haar sukses en vooruitgang.

Anria is ook tans deel van die gewilde televisie program ‘WOEMA’  waar sy weekliks aan die kykers finansiële advies verskaf.

Anria is gereeld op Kyknet te sien en al haar “Jou Geldsake in 90 sekondes” episodes  is op haar webblad beskikbaar.

Portico Finansieële Dienste

Portico Finansiële Dienste is ‘n gemagtigde finansiële dienste verskaffer wat reeds vanaf 1998 bestaan.

Portico streef daarna om kliënte se behoeftes op ’n innoverende wyse te bevredig deur verskillende produkte van ’n verskeidenheid produkverskaffers te kombineer ten einde unieke finansiële produkte te vorm.  Dit is moontlik omdat Portico tegnologies gevorderde stelsels en beproefde administratiewe bekwaamheid gebruik.

Portico ’n maatskappy wat nie so groot geword het dat persoonlike kliëntediens nie moontlik is nie, maar ook nie so klein is dat kliënte nie verseker is van kontuïniteit nie. Die kollektiewe industriële kennis en ondervinding van Portico se bestuurspan, beteken dat ons wel toegerus is vir die vereistes van die veranderende mark.

Portico se missie is om gesonde groei te handhaaf deur nie net konstant te bemark nie, maar ook deur ‘n reputasie te bou vir ongekende kwaliteit diens en advies aan ons kliënte.

Portico streef daarna om absolute professionalisme en uitnemende diens as maatstaf daar te stel as adviseurende finansiële dienste groep.  Verder streef Portico daarna om ‘n toonaangewende finansiële dienste maatskappy in Suid-Afrika te word.  Ons voorsien ‘n groep van maatskappye met integriteit, eerlikheid, en betroubaarheid wat in staat sal wees om kliënte en besigheidsvennote aan te trek met wie ons geassosieer wil word.  ‘n Groep met konstante groei wat ons kliënte as ‘mede-eienaars’ van ‘n suksesvolle besigheidsonderneming sal bevoordeel.

Portico bied ‘n uiteenlopende reeks dienste aan kliënte.  Sommige van Portico se dienste sluit onder andere die volgende in:

  • Boedelbeplanning
  • Aftreebeplanning
  • Beleggingsadvies
  • Risikobeplanning
  • Opstel van testamente
  • Mediese fondse
  • Korttermynversekering
  • Besigheidsversekering
Portico Diens Span

Portico Service Team 2016

Maryke Coetzee | maryke@anriavanheerden.co.za
Yolandie Aucamp | yolandie@anriavanheerden.co.za
Shantel van Wyk | shantel@anriavanheerden.co.za
Eronel van der Merwe | eronel@anriavanheerden.co.za

Openbaarmakingsdokument
Conflict of Interest Management Policy
Complaints Resolution Procedures
Share This